Working paper number: 465
Author: Beatrice Conradie and Antonie Geyer
Unit: SSU

Abstract:

Die studie beskryf ‘n voerkraal-innovasie wat oor die afgelope vier jaar in die Williston distrikontwikkel is. Die hele produksieproses word op die werf voltrek.  Lammers word op 12 weke van die ooie af bemark, wat in daardie stadium reeds vir die volgende siklus in die voerkraal gedek is. Met hierdie benadering kon hierdie groep boere die dramatiese afname in reënval minstens  gedeeltelik teëwerk en inkomste en produksie handhaaf. Dit is egter ‘n uitdaging om onder die moeilike omstandighede te probeer oorleef. Finansiële besonderhede word bespreek en een plaas se stelsel word in detail as voorbeeld beskryf.

Publication file: ConradieGeyer.pdf