Year: 2018
Working Paper Number: 425
Unit: SSU
Author: Beatrice Conradie
Abstract:
In ‘n droë jaar styg voerkoste met gemiddeld 50%. Produktiwiteit val met 11% (8 punte) en bruto marge met R23.18 per hektaar, van ‘n positiewe syfer tot ‘n gemiddelde verlies van R2.87 per hektaar. Die droogte se effek word nie net in die jaar waarin dit droog is gevoel nie. In groot dele van die Sentraal-Karoo is die probleem dat die droogte nooit behoorlik gebreek word nie, wat daartoe lei dat reserwes gou uitgeput is. Goeie boerderybeginsels maak produsente meer weerbaar teen klimaat. Dit help steeds om met vee te trek en dit mag dalk help om beter aangepaste rasse te oorweeg, maar daar kan nie meer op rivierveld as voerbank gereken word nie. Die grootste aanwins wat ‘n Karooboer in die stryd teen droogte kan hê is 20 jaar ondervinding en ‘n Grootfontein-diploma in skaap- en wolkunde.
Publication file: WP425-Conradie